Oond

Die kookproses in Argilla produkte en ander pottebakkersware, moet in 'n koue oond begin word en dan op die verlangde temperatuur gestel word. Die oond-temperatuur mag nie 180°C oorskry nie.  Argilla Pottebakkersware is oond-, gasoond, en mikrogolfoond vriendelik en kan ook in die skottelgoedwasser gebruik word.

Mikrogolf

Die mikrogolfresepte kan met groot sukses in die oond gebruik word en anders om. Die braai van knoffel, uie en spek ens. word in die mikrogolf gedoen in plaas van op die stoofplaat, om sodoende die skottelgoed min te hou. Mikrogolfoonde verskil in grootte en beinvloed die gaarmaak periode van geregte. 

© Kopiereg Pottebakkery 2018