Argilla Produkte

Argilla produkte is uniek en handgemaak. Die onvolmaaktheid is deel van die unieke resultate van rooi-klei-produkte, wat dit nie net funfksioneel maak nie, maar 'n handgemaakte kunswerk. Dit wat jy by Argilla kry is met sorg en toewyding SPESIAAL, UNIEK vir jou gemaak. Uit die aarde uit, getrou aan dit waarvoor ons staan.

Argilla is gemaak om EG te wees, nie PERFEK nie. Perfeksie is kreratiwiteit se grootste vyand. 

Wenke

Wanneer groente in 'n potjie gebruik word, is dit wys om nie sagte- en harde groente saam te gebruik nie. Indien wel, pre-cook dan die harde groente vir 'n rukkie in die Mikrogolfoond sodat die groente se gaarmaaktyd dieselfde is.

Waak daarteen om groente te oorkook. AAngesien alle geregte gelyk in die oond gesit moet word as jy pottebakkersware gebruik, kan jy jou groente uithaal waneer dit gaar is.

Wanneer jy kos in die mikrogolfoond gaarmaak is dit steeds nodig om dit te roer, al het die oond 'n draaitafel, want die kos word van buite na binne gaar in die mikrogolfoond. Dit voorkom dat die buitenste kos oorgaar is terwyl binne nog rou is.

Gebruik Mayonnaise om oor pasteie te smeer; dit bevat ook eiers en so spaar jy 'n eier.

Raak ontslae van slegte reuke in die mikrogolfoond deur 250ml water, 25ml suurlemoensap, 2 skywe vars suurlemoen, 2ml kaneel of 5ml koeksoda saam te kook vir 3 minute.

Vir gesonder geregte vervang suiker met Huletss Sugarlite, room met natuurlike yogurt, mayonnaise met Light Salad dressing

Wat kry ek as MV Spanlid?

  • Registrasiefooi van R200 per jaar word namens jou betaal
  • Gratis @pottebakkery.co.za vonkpos
  • Gratis weeklikse opleiding in die gemak van jou sitkamer
  • Gratis bemarking van jou besigheid op www.myvolk.co.za
  • Gratis bemarking van jou besigheid op www.pottebakkery.co.za
  • Gratis bemarking van jou besigheid op Facebook blad
 
 
 
 

© Kopiereg Pottebakkery